Posts

Showing posts from April, 2021

NOUE ONTKOMING

Image
  NOUE ONTKOMING Dit was winter skoolvakansie doer in Vanwyksvlei in 1960 en ons outjies is skaars nege jaar oud. Klokslag   op tyd ontmoet ek vir Tollie, Wesley en Stompie Burger vir ons rokie van die dag. Tabak was onmoontlik verkrygbaar en rooktoerusting ewe so, maar slim maak ons pype van riet en soos jy ook weet vir tabak is droeë moerbeiblare net die plaasvervanger. Ons sit net buite die dorp onder die brug en steek aan. Die blou wolke hang in die lug en ons hoes te lekker. Jy moes daai lyftaal sien, presies soos ons die ooms altyd dophou, linkerhand in die sak en daai pyp so entjie voor jou. Windgat! “Gwaaa ...!!”, ‘n groot slag, ons storm uit en hoog bo in die lug ‘n lang wit streep. Ontploffing op ontploffing. Wesley gil, “Dis ‘n vliegtuig wat daar val ouens!!” Vier dae later kom die weeklikse poslorrie met laas Woensdag se Burger. Die voorblad berig, "Meteoor het tussen Carnarvon en Williston geval, gelukkig geen ongevalle ... " Sjoe!!  

Anderkant die eerste Ster

Image
  Anderkant die eerste Ster   Dit is maar net tien kilometer groot en draai stadig in die rondte. Almal is baie bang, die eerste tekens reeds weke gelede gesien. Ver bo almal in die ruimtestasie is Lydia die eerste wat die spikkeltjie deur haar teleskoop sien, “Ag wat dis niks, al weer ʼn bohaai wat sal verby gaan.” As die volgende drie weke net kan verby gaan. Dit raak nou net te lank en alleen hier bo. Sy verlang so na Pieter en klein Leon. Die outjie skaars ʼn jaar oud, praat sonder ophou en vermaak mens sover hy gaan! Die MeerKat ruimtebeheerstasie by Carnarvon kontak haar elke uur, “Lydia, jy moet nou baie mooi kyk en vir ons presies meet. Sy naam is Elkiya II.” Weke gaan verby, en almal weet nou dit is onvermydelik dat die botsing gaan gebeur. Lydia sit vasgenael voor die patryspoort, die voorwerp nou groot en duidelik, die vlamme spat toe dit die atmosfeer tref. Sy sien duidelik Johannesburg se liggies ver onder haar. Die voorwerp tref die aarde skaars tagtig ...