Anderkant die eerste Ster

 

Anderkant die eerste Ster




 Dit is maar net tien kilometer groot en draai stadig in die rondte. Almal is baie bang, die eerste tekens reeds weke gelede gesien.

Ver bo almal in die ruimtestasie is Lydia die eerste wat die spikkeltjie deur haar teleskoop sien, “Ag wat dis niks, al weer ʼn bohaai wat sal verby gaan.”

As die volgende drie weke net kan verby gaan. Dit raak nou net te lank en alleen hier bo. Sy verlang so na Pieter en klein Leon. Die outjie skaars ʼn jaar oud, praat sonder ophou en vermaak mens sover hy gaan!

Die MeerKat ruimtebeheerstasie by Carnarvon kontak haar elke uur, “Lydia, jy moet nou baie mooi kyk en vir ons presies meet. Sy naam is Elkiya II.”

Weke gaan verby, en almal weet nou dit is onvermydelik dat die botsing gaan gebeur. Lydia sit vasgenael voor die patryspoort, die voorwerp nou groot en duidelik, die vlamme spat toe dit die atmosfeer tref.

Sy sien duidelik Johannesburg se liggies ver onder haar. Die voorwerp tref die aarde skaars tagtig kilometer suid van die stad. Alles is verby, alle lewe op aarde vernietig ... vir altyd.

 

Lydia land in Franschhoek. Hier het sy groot geword, Pieter en klein Leon sou hier wag by hul huis teen die berg op hul plaas La Petite Provence. Pappa en Mamma weer by Mont Rochelle net buite die dorp.

Om haar is niks, geen lewe, geen plante net niks …

Aan die Hugenote Monument hang dit aan ʼn dik tou. Die lewelose oë staar na niks. Dit het al baie gebeur, maar vir die heel eerste keer ooit is daar geen brommers …

 

Geinspireer deur Leon Rousseau se “Groot Avontuur” en die asteroide wat 2000 miljoen jaar gelede by Vredefort geval het.  Die titel van Uys Krige se "Fort Wajir is ver, is ver, ander kant die eerste ster."


Comments

Popular posts from this blog

Tussen Treine, tussen Stasies ...

NOUE ONTKOMING

Die Redder