Die Redder
Opgedra aan Pasha, Kasper, Sebastiaan, Liefka en Stella wat ons lewens altyd verhelder . Djoser gee ʼn diep sug, “Ai dierbare Juba, wat gaan van ons word?” “U Majesteit, ek is net so bekommerd, dis duidelik dat die sewe vet jare verby is en hoe gaan die volk oorleef?” Djoser streel oor Juba se rug en sy lang stert, Juba begin saggies spin. “U Majesteit, hulle gaan inkom en alles verwoes en opvreet en niks kan hulle keer nie!” “Ek weet Juba. Maar ek wil hê dat jy moet lank dink hieroor. Jy verstaan diere soveel beter as ek." Juba kom stert orent by die troonsaal in. “U Majesteit, ek dink ek het dit!” Djoser kyk op, “Vertel my asseblief want ek weet nie meer nie. Ons kos gaan te gou opraak in die sewe maer jare en daardie aaklige Kanaaniete gaan oor die see kom en ons mense doodmaak.” “U Majesteit, daar is ʼn dier wat familie van my is. Ons mag dalk die vinnigste dier op aarde wees, maar hulle is baie kleiner, ratser en dis net wat ons nodig het om die vyand te keer vo...
Comments
Post a Comment