Tussen Treine, tussen Stasies ...
Tussen Treine, tussen Stasies ... © VDS Brink “Elke keer was dit ʼn afskeid, elke keer weer ʼn begin, ʼn honderd haltes langs die spoor, elke stasie het sy eie skim.” Die sekelmaan hang stil in die weste, die blare van die bloekoms hang stil. “Jy kan maar blaas ou Pieter, die groen vlag waai al!” sê Koos. Pieter trek die ketting in die dak en die skril fluit weergalm oor Hutchinson stasie. Koos trek die hefboom en die 25C begin stadig vorentoe kruip, die Trans Karoo agter hom met die slapende passasiers. Voor op die rook deflektors staan met trots en blink ge-Brasso, “ Annemarie ” Gou-gou wys die spoedmeter vyftig myl per uur. “Nog vyf om te gaan dan is ons daar!” sê Koos. “Pieter gee nog so bietjie gas jong, ek maak vir ons koffie!” Pieter neem die graaf en skep diep en gooi vêr in die vuurkas. Die ag reuse wiele klip-klap op die laste. Koos kyk uit na sterrehemel soos jy net in die Roggeveld sal sien. Biesiespoort kom nader, die sinjaal is op en die n